Soek

Sosiale Media

Van ‘n baie klein begin, is Lefra Produksies vandag ‘n belangrike speler in die vermaaklikheidsbedryf, sowel as in die promosie- en openbare betrekkinge gebied.  Lefra Produksies was op die voorgrond om Afrikaanse teater in Suid-Afrika te laat herleef met suksesvolle Produksies wat heelwat rekords laat spat het.  Lefra Produksies se Afrikaanse weergawe van Rob Becker se DEFENDING THE CAVEMAN, hou tans as GROET DIE GROTMAN die rekord vir die Afrikaanse produksie wat die langste en meeste aantal opvoerings in Suid-Afrika beleef het. GROET DIE GROTMAN speel alreeds vir langer as ses jaar met meer as 900 uitverkoopte vertonings!

Ander suksesverhale sluit in die ongelooflike mooi produksie van Dalene Matthee se FIELA SE KIND.  Lefra Produksies het ook bekendheid verwerf vir sy jaarlikse Afrikaanse Musiekfeeste wat by Carnival City en ook regoor Suid-Afrika aangebied word.  Ander suksesvolle produksies, sluit in: GROET DIE GROTVROU, LIEWE HEKSIE, HALLELUJA GOSPEL FEES, COUNTRY LEGENDES, GROET DIE GROTOUPA, MY VROU SE MAN SE VROU, KERSFEES SKOUSPEL, LEFRA KOMEDIEFEES, MEAT WORLD MUSIEKFEESTE, MUSIEK KARNAVAL, VASTRAP FOLLIES en vele meer.

Volgende Produksies

 


FLENNIE DIE SNARE

 


LIEWE HEKSIE

 Pierneefteater | Pretoria

14 Oktober 2017

 

The Mannah Guest Lodge | Kempton Park

21 Oktober 2017 


MY PA

Stadsaal | Aardklop Nationale Kunstefees

3 - 7 Oktober 2017


AS DROME VLERKE KRY

Stadsaal | Aardklop Nationale Kunstefees

3 - 7 Oktober 2017


 MY PASSIE VIR JESUS

 


MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU

Stadsaal | Aardklop Nationale Kunstefees

3 - 7 Oktober 2017 

Atterburyteater | Pretoria

28 November - 2 Desember 2017 


FIELA SE KIND

 Stadsaal | Aardklop Nationale Kunstefees

3 - 7 Oktober 2017