Soek

Sosiale Media

Rembrandt van Rijn is ‘n vars, nuwe akoestiese band wat ‘n musikale rewolusie wil begin deur meer gesofistikeerde, soms kontroveriële musiek met gevoel en betekenisvolle lirieke aan die breë publiek bekend te stel.  Rembrandt van Rijn het in 2014 amptelik die lig gesien maar is die vrug van ‘n organiese proses, die saadjie waarvan jare gelede al geplant is.    Die groep bestaan uit twee vriende, Phillru van Achterbergh en Pieter Erasmus, wat op universiteit ontmoet het waar albei eers drama studeer het.  Gou het hulle besef hulle deel dieselfde visie as dit by musiek kom, en so ook die liefde vir nuwe die skep van musiek wat grense verskuif.

Pieter is tans ‘n student aan die Campus of Performing Arts in Pretoria en skryf graag nuwe liedjies en gedigte.  Phillru is akteur en is vanjaar te sien in die klug My Boetie se Boetie se Boetie se Baba.  Tussen die twee speel hulle ‘n hele klomp instrumente: beide speel die akoestiese kitaar en sing.  Pieter speel ook die bas vboetdrom en Phillru op mondfluitjie, tamboryn en gembi-drom.

Pieter en Phillru doen ook ‘n huldeblykproduksie aan die legendariese Johnny Cash, getiteld Walk the Line.

Volgende Produksies

 FLENNIE DIE SNARE


LIEWE HEKSIE 


MY PA 


AS DROME VLERKE KRY 


 MY PASSIE VIR JESUS


MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU  


FIELA SE KIND